Waar kom die woord vandaan?
Woord:
Melodrama
Betekenis:
Sensasionele toneelstuk waarin handeling en intrige belangriker is as karaktertekening, wat daarop bereken is om sterk gevoelens uit te lok en gewoonlik ʼn gelukkige einde het. Optrede wat aan ʼn melodrama herinner: Is al hierdie melodrama nou nodig net omdat jy nie jou sin kon kry nie? Vroeër, toneelstuk waarin die dialoog deur instrumentale musiek begelei word.
Uit watter taal is die woord ontleen?
a) Italiaans
b) Frans
c) Grieks
d) Hebreeus