Afrikaanse taalgebruik: Ronde of rondte?

Ronde is ‘n fase of afdeling in ‘n opeenvolgende reeks, bv. in ‘n kompetisie, samesprekings of in boks. In spansportsoorte waar wedstryde ter sprake is, haal die spelers (of dring hulle deur tot) die kwarteind=, halfeind= en eindstryd.

Rondte slaan op ‘n roete waarop beweeg word en wat weer by die beginpunt eindig, bv. in atletiek, motorsport, gholf en sommige wedvaarte.

‘ n Gholf toernooi bestaan uit drie rondes wat elk ‘n rondte van agtien putjies behels, en ‘n skinkbord met die volgende ronde drankies word in die rondte gestuur. ‘n Mens draai in die rondte (en eindig waar jy begin het), en die konstabel/dokter het op sy rondte ‘n kwaaddoener betrap.

In die volgende figuurlike uitdrukkings kan ronde of rondte gebruik word: ‘n gerug doen die ronde/rondte en die ronde/ rondte van Vader Cloete doen.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.