Aspoestertjie is die heldin van ʼn sprokie deur die broers Grimm. Dit is die verhaal van ʼn meisie wat deur haar stiefmoeder en twee stiefsusters soos ʼn diensmeisie behandel word. Deur bemiddeling van haar peetma, ʼn fee, glip sy egter een aand weg na ʼn koninklike bal, waar sy die prins se hart steel.
Maar die glasskoentjie waarmee sy dans is eintlik ʼn pelsskoen – dit is foutief uit Frans vertaal.
Wanneer iemand ʼn Aspoestertjie genoem word, dan is hulle afgeskeep en ʼn verstoteling.