Brandewyn

Woord:
Brandewyn

Betekenis:
Sterk drank, met omtrent 40 tot 50 persent alkohol, verkry deur gegiste druiwe- of vrugtesap te stook.

Waar kom die woord vandaan?
Brandewyn kom uit Nederlands brandewijn (al Middelnederlands), so genoem omdat die drank vervaardig is uit wyn wat gestook of “gebrand” is. Engels brandy was eers brandywine en kom wsk. ook uit Ndl. brandewijn. Eerste optekening in vroeë Afr. in 1762 in die samestelling brandewynketel (Scholtz 1972: 117).
D. Branntwein (13de eeu). Vanuit vroeë Afr. in S.A.Eng. (1806).

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.