Dol definisies – B

Bekommernis – ‘n verlammende vrees wat uit ‘n ooraktiewe verstand en ‘n onderaktiewe liggaam ontstaan

Bikini – soos ‘n draadheining om ‘n standplaas span dit styf om die eiendom en beestig wel die eienaarskap, maar belemmer die kykers se uitsig minimaal

Blamering – ‘n gewilde vorm van toesmerende selfbeskerming

Brein-asma – ‘n toestand wanneer mense se verstand toetrek sodra hulle ‘n idee teëkom wat nie hulle eie is nie

Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.