Dol definisies – G

Geboortebeperking – ‘n standpunt slegs van mense wat klaar gebore is.

Geestesfiksheid – die toestand wat mense bereik deur voortdurend vier soorte oefeninge te doen:
– hulle verantwoordelikheid op ander mense afskuif;
– hulself op die voorgrond stoot;
– hulle medemense inloop; en
– hulle opinies met mag in ander se keel afdruk.

Gemeenskap> – die wedersyds neersiende kombinasie van drie klasse mense: die opgevoedes, die grootgemaaktes en die opgebringdes.

Gesin– ‘n verwante groep vreemdeliknge wat af en toe saam onder een dak eet.

Geskenkwinkel – ‘n plek waar mense ten duurste dié dinge koop wat niemand present wil hê nie.

Gesondheidsoorde – vetafskeppers van die finansiële room van die land.

Goeie ou dae – die vervloë tyd toe moffies net handskoene sonder vingers was, toe agtermekaar kêrels net knap mansmense was, en toe ‘n meisie eers ná die huwelik agtergekom het haar vryer het koue voete.

Grafsteen – ‘n versteende leuen met skynbaar terugwerkende krag.

Grappe wat altyd snaaks is – ‘n ryk man s’n en jou baas s’n.

Sien ook Dol definisies E en F

Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.