Ideale huwelik – een waarin die vrou ‘n skat en die man ‘n onuitputlike skatkis is.
Ipekonder – iemand wat sy siekteteorie uit boeke en gesprekke kry en sy prakties op sy eie lyf beoefen.
Inkomstebelasting – ‘n strawwe boete weens jou intelligensie of ondernemingsgees of ywer of ál drie.
Ironie – selfbeskerming teen kranksinnigheid.
Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998