Kersfees – dag waarmee speelgoedwinkels hulle boeke laat klop.
Kinders – afstammelinge wat jou met woord en daad bystaan om jou oudag gouer te bereik.
Kinderjare – dié tydperk wanneer jy leer dat slegte maniere en vloekery die alleenvoorreg van grootmense is.
Komiteesitting – vergadering van reeksmoordenaars van goeie idees.
Konserwatief – iemand wat strewe na die verlede.
Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998