Dol definisies – M, N, O

Mansgek – ‘n vrou met ‘n oog vir ‘n doring.

‘n Middeljarige mens se middel – is soos die aarde se ewenaar. Laasgenoemde is ‘n volkome denkbeeldige lyn waar die aarde op sy dikste is.

Nou – ‘n komma se duur tussen teleurstellings en drome.

Ondervinding – ervaring wat mens in staat stel om ‘n fout te herken gou nadat jy dit weer begaan het.

Ongeduld – die beperkte vermoë om slegs vinnig te kan wag.

Oorerflikheid – ‘n teorie wat egpare met kinders aan die dink sit oor hulle skoonfamilie.

Oujongkêrel – iemand wat glo aan die lewe, vryheid en die geluk van najaging.

Sien ook Dol definisies K

Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.