Woord:
Drop
Betekenis:
Ingedikte ekstrak van die wortels van soethout, gebruik as smaakmiddel, lekkergoed en geneesmiddel, veral as hoesmiddel.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands drop (1746) in bg. betekenis, maar ook in die betekenis “druppel”, so genoem omdat die sap van die soethout se wortels drupsgewys verkry word voordat dit stol.
Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans, ‘n produk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal