Uitgawe:
Publikasie van ‘n boek of boeke: Die uitgawe van ‘n nuwe digbundel onderneem
Oplaag, edisie:
Veral ‘n gewysigde, omgewerkte, meestal vermeerderde druk: Watter uitgawe van die werk het jy? Ek het die vierde druk van die derde uitgawe gekoop.
Eksemplaar van ‘n bepaalde druk: Ek het ‘n eerste uitgawe van die werk
Het jy geweet?
Die terme druk en uitgawe word dikwels los gebruik. Dit is egter goed om ‘n verskil te handhaaf: ‘n tweede of derde ens. druk van ‘n boek is ‘n oplaag daarvan wat weinig verskil van die vorige, tensy spesifiek aangedui (uitgebreide, verbeterde ens.), terwyl ‘n tweede of derde uitgawe ‘n werklike hersiene ens. oplaag is.