Uitdrukking:
Watter fiasko!
Betekenis:
Gesê wanneer iets ‘n mislukking of in ‘n warboel is
Waar kom dit vandaan?
Fiasco is ‘n Italiaanse woord vir ‘n fles of ‘n bottel. Die pragtige produkte van die glasblasers van Venesië is al sedert die 13de eeu wêreldbekend. As daar ‘n fout ingesluip het by die blaas van ‘n delikate kunswerk, is die glas verander in ‘n gewone fles of bottel, dit wil sê ‘n fiasko. Die uitroep is ook oorgedra in die operahuise van Italië: Olá! Olá! Fiasco! is geskree as die gehoor hulle misnoeë te kenne wou gee met ‘n sanger wat die noot nie juis te suiwer hou nie.