Uitdrukking:
Fratse en friels
Betekenis:
Grille/streke of onnodige bykomstighede vir uiterlike vertoon
Waar kom dit vandaan?
Die friels is waarskynlik uit Engels frills en herinner ook aan frilletjies.
Vol fratse wees is natuurlik vol streke wees wat sy oorsprong in Duits via Nederlands het, Fratze beteken “poets”.