Idioomgrappe

Hy het so aanmekaar gepraat, ál kans wat ek gekry het om my mond oop te maak was om te gaap.

As geld werklik aan bome gegroei het, sou talle mense meermale hoog in die takke gewees het.

Waarom het ‘n spook blou tone? Hy het die emmer geskop.

Toneelspeler 1: “Gisteraand het ek die gehoor aan hulle stoele vasgenael gehad.”
Katterige toneelspeler 2: “Ja, dit is een manier om hulle daar te hou.”

Landdros: “Het jy en jou vrou woorde gehad?”
“Ja, Edelagbare, maar ek het nie tyd gehad om myne gesê te kry nie.”

Verveelde vrou aan haar man: “Ek kan jou soos ‘n boek lees. Ek weet presies wat jy dink.”
Man: “Nou hoekom gaan jy dan nie soontoe nie?”

Kannibaal 1 na die ete: “Dit was heerlik.”
Kannibaal 2: “Ja, my vrou maak regtig lekker bredie. Ek gaan haar baie mis.”

Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.