Betekenis:
krakeel s.nw., krakele.
Rusie, twis of stryery, dikw. gepaard met ‘n geskreeu, skeldtaal of rumoer; ook soms, harde lawaai of pratery sonder ‘n ernstige rusie of getwis:
Godsdienstige, huislike, onderlinge, politieke krakele. Krakeel is ‘n rusie soos tussen kinders, waarby geskreeu en geplukhaar word (V. Oostrum-Rademeyer: Verwante Wde.2, 1941, 54). Daar is bloedvergieting, twis en krakeel, haat en nyd (D. Mostert: Fakkel, 1941, 64). Mens hoor die geluide van luide spel en krakeel van groot gesinne (T.T. Cloete in Standp., Apr. 1967, 10).
Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal