Interessante woorde: Ginnegaap

Woord:
Ginnegaap

Betekenis:
ginnegaap ww., het geginnegaap; byv. ginnegapend, ginnegapende.
Laggend, oppervlakkig en verspot oor onbenullige sake gesels.
Uit Ndl. ginnegappen (1648) “onhebbelik, ongemanierd, spottend giggel”, ‘n samestelling van verouderde, gewestelike Ndl. ginniken “grinnik” en verouderde, gewestelike Ndl. gappen, ‘n wisselvorm van gabben “spottend of skertsend lag, babbel”.
Die kinders moet leer, maar nou sit hulle en ginnegaap oor die naweek se dinge.

Bron:Woordeboek van die Afrikaanse Taal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.