Interessante woorde: Karnallie

Uitdrukking:
Karnallie

Betekenis:
‘n Karnallie. ‘n Ondeunde/ Onnutsige persoon.

Waar kom dit vandaan?
‘n Karnallie is volgens die woordeboek ‘n “geslepe peroon; deugniet, vabond”. Die ongunstige betekenis van “geslepe” is vandag net in Nederland nog van pas en die uitdrukking word in Afrikaans gewoonlik in ‘n goedige sin vir ‘n vabond gebruik. Die woord karnallie kom uit Frans canaille wat uit die Italiaanse canaglia (“hondegebroedsel”) gekry het en wat met Latyn canis (“hond”) verband hou. In albei die tale het net die ongunstige betekenis bly voortbestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.