Betekenis:
kittelo’rig b.nw.
Liggeraak, opvlieënd.
Uit Nederlands kitteloorig (1642), ‘n samestellende afleiding met -ig van kittelen “kielie” en oor “oor”, wat aanvanklik met betrekking tot diere, veral perde, gebruik is om aan te dui dat hulle nie daarvan hou dat hulle ore gekielie word nie en dat sodanige aanraking hulle onrustig stem.
Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans, ‘n produk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal