Interessante woorde: Pietsnot

Woord:
Pietsnot

Betekenis:
1pietsnot s.nw., pietsnotte; pietsnotjie.
Laaggroeiende kruidplant … met … heldergeel blomme en slymerige, vogryke wortels wat deur wild en vee geëet word, wat in … Namakwaland aangetref word … en soms sinoniem met duikerwortel is: Varkslaai en pietsnot en stinkkruid groei tot aan die stoep (E. Kotze: Silt, 1986, 42).
2pietsnot s.nw., pietsnotte. (geselstaal; enigsins plat). Iemand wat as onbenullig beskou word: Daar staan ons toe soos drie pietsnotte op die leë stoep (Sarie, 30 Jul. 1975, 125).

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.