Interessante woorde: Rondevleis

Woord:
Rondevleis

Betekenis:
s.nw. (geselstaal; verouderd) Frikkadel of frikkadelle: Die vleis … is bijna alles fyn gemaal vir rondevleis of frikkedel (E. de Roubaix: Sketse, 1926, 20). Hy praat oor skuinskoek en rondevleis en die “mondroertjie vir kooityd” wat sy ma altyd vir hom ingepak het (Die Burger, 18 Jan. 1978, 6).
Frikkadel kom uit Ndl. frikadel (“klein ballen van gehakt vleesch”) wat hulle ook gehaktballen of gehaktballetjes noem.

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.