Kermiskat?

Uitdrukking: Dis nie aldag kermis nie.
Betekenis: Mens kan nie elke dag plesier wil hê nie.

Uitdrukking: ‘n Kermisbed maak.
Betekenis: ‘n Bed op die vloer maak (vir ‘n hele paar lywe).
Waar kom dit vandaan? In Nederlands word dit ook ‘n noodbed genoem, omdat so ‘n bed gemaak word wanneer daar by ‘n woning meer gaste opdaag as wat daar beddens vir hulle is. Die kermisbed is by ons ook bekend as ‘n matras (of meer) op die grond gelê word, veral vir ‘n klompie kinders vir wie daar nie genoeg beddens is nie.

Uitdrukking: Soos ‘n Kersboom lyk.
Betekenis: Oordadig opgetooi wees.

Uitdrukking: Hy dink hy’s Krismis.
Betekenis: Verbeel hom wat wonders.

Uitdrukking: Lyk soos ‘n Krismiskat.
Betekenis: Oordadig geklee of gegrimeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.