kierang

Ingrid Jonker

kierang of kierankies dra die volgende betekenis:

As selfstandige naamwoord beteken dit kullery of foppery – by speletjies: Sy kierang (sal) braai of kierankies (sal) braai: hy (sal) verloor omdat hy gekul het.

As werkwoord: kul of fop – veral by speletjies: Hy het gekierang en daarom so maklik gewen. 

Jy het my gekierang Dolie, jy het my gefop (Ingrid Jonker)
Hy wil my tot niet maak. Ek dink ek kierang hom deur my stelsel kort-kort te verander (Wilma Stockenström)

As byvoeglike naamwoord en bywoord: Nie eerlik nie; oneerlik: Kierang speel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.