Woord: Lotuseter

Woord:
Lotuseter

Betekenis:
Droomverlore, lui niksdoener.

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Grieks mitologiese ras, die Lotophagoi waarvan in die Odussee verhaal word. Hulle was ‘n ras op ‘n eiland naby Noord-Afrika wat met lotusplante oortrek was. Die inwoners het die vrugte en blomme geëet wat bedwelmd en verslawend is en in ‘n heerlike, vredige waas geleef.
Odusseus beskryf hoedat hy ‘n paar van sy matrose na die eiland gestruur het om te kyk watter soort mens daar woon. Hulle het die versoeking om na die bar skip terug te gaan, manmoedig weerstaan en het die aangebode lotusprodukte gebruik. Odusseus, die ou droogstoppel, moes hulle met geweld daar gaan afhaal en onder die banke vasmaak. Die Griekse geskiedskrywer, Herodotus (c. 480-429 v.C.) was daarvan oortuig dat die ras in sy tyd aan die kus van Libië gewoon het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.