Het jy geweet?
Wanneer jy onverwags ongenooide gaste vir ete kry, of mense wat gereeld by iemand aankom op die oomblik wat aangesit word vir ete met die oog op ‘n gratis maaltyd, kan jy sê dat só persoon klaploop.
Die uitdrukking by iemand klaploop kom oorspronklik uit Nederlands, met de klap loopen. Die klap was ‘n toestel met plankies wat teenmekaar geklap het en wat deur melaatses gedra moes word om mense te waarsku dat hulle kom om aalmoese te ontvang. Dit het dus neergekom op bedel, wat die ongenooide gas ook eintlik doen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
My Pa het sulke mense altyd Aasvoëls genoem…..Hulle vang nooit die kos nie maar daag net op vir ete…..