Onsinnige sinne 2

(…vervolg…)

Die onderwyssituasie in Zimbabwe kan binne die volgende paar jaar aansienlik versleg in die lig van die ontploffing in die getal skoolkinders en studente en die onvoldoende beskikbare geriewe.

Die klokkie het vir aandete gelui en hy was baie honger.

Ons het weke lank geoefen en gebid dat dit ‘n sonnige dag sou wees.

Haar rok het tot by haar knieë gekom en dit was van wit satyn.

‘n Klip het op my kop van die bouers op die dak geval.

Eers het die bruid in haar pragtige wit rok met die lang sluier en die bruidegom begin dans.

Johan het ‘n swart pak klere gedra asook die strooijonker.

Ek is ‘n vakansieganger in ‘n hotel wat net aangekom het.

By die dinee is dieselfde vis voorgesit as verlede jaar.

Hy het sy bakkie buite die kroeg geparkeer om sy keel ‘n bietjie nat te maak.

Hy het gereageer op die bydrae van ‘n ander natuurkenner oor miere wat in Huisgenoot verskyn het.

‘n SA navorser het ‘n toestel ontwerp vir die diagnose van bilharzia wat wêreldwyd versprei sal word.

Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.