Ottermaklottertjie

Ottermaklottertjie s.nw., ottermaklottertjies. (geselstaal; minder gebruiklik)

Drankie, dikwels ‘n skemerdrankie: Kêrels, ons moet darem minder drink. Ek sal sê voor middagskof so ‘n versterkinkie en dan saans weer ‘n ottermaklottertjie (D.H. v. Zyl: Swerwerspore, 1943, 126). Hy het sy storie gaan haal daar waar hy by sy strandhuis gesit en kyk het hoe die son oor die see sak en goud skyn deur sy ottermaklottertjie (L. Spies in Die Burger, 5 Mei 1993, Joernaal, 4). Eers is hulle met hoenderpastei bederf, en nog later is hulle oor die straat genooi vir ‘n ottermaklottertjie (Sarie, 16 Jun. 1976, 35).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.