Mag ons in 2012 streef daarna om duidelik en eenvoudig in ons taal te kommunikeer!
Em.Prof. Carl van Heerden (destyds van die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van die Oranje-Vrystaat) het in 1980 beweer:
“‘n Dosent wat sy vak ken, kan sy kennis in maklike taal aan sy studente oordra.”
In Pedagees – die taal van ingewydes in die Landmaniakale Opvoedkunde – sou dít so geklink het:
“In die eksistensiële toestand van die op-hoogte-wees met die vakinhoudelike substansie en algemeen-didaktiese en vakdidaktiese metodologieë, is die opvoerder-in-aksie normalitêr in staat tot simplistiese-maar-effektiewe interpersoonlike kenbaar- en herkenbaarmaking van hierdie substansies en metodes aan die op-weg-na-vakvolwassenheid-synde vakgeïnteresseerde opvoedeling van adolessente ouderdom.”
Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998
‘n Insiggewende partikulêre element van die heensnydende momente van die tydelike werklikheid is dat ons in die omgaan met dingidiwudualiteite samehangendheid uit die opstapeling van monumentale taalvariasies tekens van intelligensie probeer openbaar.
Hoewel ek hierbo twak geskryf het, kry ek nogal dikwels raas dat ek nie taal eenvoudig genoeg gebruik nie. Almal moet dooddollies probeer skryf sodat die taal punt in die wind kan voortbestaan.
Herman, jy slaan die spyker op die kop!
Hoe weelderiger die woord, deste skraler die gedagte.
CJ Langenhoven