Skynbaar dra die betekenis “na dit skyn, soos dit lyk, oënskynlik”: Hy is skynbaar gelukkig, maar ons weet beter. Alhoewel hy skynbaar so ryk is, moet ons nog vasstel wat die werklikheid is. Skynbaar soet is dikwels bitter (Ges. 43:2). ‘n Skynbare teenspraak, iets wat na ‘n teenspraak lyk, maar dit nie werklik is nie. Die skynbare beweging van die son om die aarde, soos dit vir ons sintuie lyk.
Skynbaar word dikwels foutiewelik gebruik wanneer klaarblyklik bedoel word.