Staatsie
Betekenis:
Praal, prag, uiterlike vertoon: Die optog het met groot staatsie plaasgevind. ‘n Hooffeplaaste met staatsie ontvang.
OOK: Staatsiebed: In staatsie lê (Uit Ou-Frans: estage, Latyn: staticum wat getimmerte of podium beteken. ‘n Staatsiebed is ‘n praalbed waarop ‘n belangrike afgestorwene lê sodat hy voor die begrafnis gesien kan word.
OOK: staatsiedraagstoel, staatsiedrag, staatsiekamer, staatsiekleed, staatsiekoets, staatsiemantel, staatsievertrek, staatsiewa.