Taalreël: antwoord of beantwoord?

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Mens antwoord iemand, ʼn klop aan die deur en ʼn telefoon, of sê in antwoord op ʼn vraag (dat..) en bly iemand ʼn antwoord skuldig [NIE: verskuldig]. Jy beantwoord ʼn vraag, brief, groet, liefde en kanonvuur. ʼn Toestel beantwoord of voldoen aan die vereistes, doel of verwagtings.

Have an answer for everything altyd ʼn antwoord klaar hê
Find an/the answer to a problem die oplossing vir [NIE: antwoord op] die probleem vind
Straight answer ʼn eerlike [NIE: reguit] antwoord

Jy vra iets of jy stel ʼn vraag [NIE: vra ʼn vraag] en beantwoord iemand se vraag of word met vrae bestook of oorval [NIE: gepeper].

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R350-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.