Taaltoffie: Proe of smaak iets lekker?

Argieffoto

Argieffoto

Die Engelse werkwoord taste is in Afrikaans proe in die sin ek proe iets, en smaak in die sin iets smaak lekker, maar die kos proe heerlik is al so ingeburger dat proe maar soms as sinoniem vir smaak toegelaat kan word, solank dit nie smaak verdring nie. Proe is ietwat meer gemoedelik en informeel.

  • tasty smaaklik: iets het ‘n lekker smaak
  • tasteful smaakvol (wat “elegant” of “met ‘n kunssin” beteken): Die vrou is smaakvol geklee, en haar huis is ewe smaakvol gemeubileer
  • in good taste dit getuig/spreek van goeie smaak, dit is goeie smaak en is met goeie smaak of smaakvol aangebied. Die teenoorgestelde is smakeloos [NIE: dit is in slegte/swak smaak]

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: NB Publishers
Prys: R350-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John Viviers ·

T.o.v. die gebruik van die woorde ´´proe’´ en ´smaak´, in biologie het ons in 1955 geleer dat daar proe en smaak areas op die tong is. Dink aan die ´´tong tippie toets´´ waar die proe pupille op die punt van die tong is en die smaak area op die agterkant (nader aan die keel is). Dink aan die woorde ‘´wrang smaak´´ in vergelyking met ´´wrang proe´´ in die mond. Of die versoek ´proe´ hier, hoe ´smaak´ dit….. in vergelyking met proe hier hoe proe dit?
Ek sal heelwaarskynlik graf toe gaan met die miskonsepsie maar, wat wou, afrikaans bly ´n ontwikkelende taal en 1955 is vér in die verskiet. I rest my case.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.