Taaltoffie: Wat op dees aarde beteken “skarumba”?

Juanita du Plessis Foto: christusfees.wordpress.com

Juanita du Plessis Foto: christusfees.wordpress.com

‘n Video van Juanita du Plessis se liedjie Skarumba volg onderaan die artikel. Gebruikers van Afrikaans het al kopgekrap oor die gebruik van “skarumba” in Juanita du Plessis se liedjie met dieselfde titel.

Die Woordeboek vir die Afrikaanse Taal lewer die volgende verduideliking op:

Woord:
skarumba bw. (geselstaal)

Betekenis:
niks

Gebruik:
Ek worrie my skarumba as iemand dreig om iets te verklap (Rapport, 4 Nov. 2012, E).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.