Die woord “pylvakparade” is die vertaling vir “grid walk” – die geleentheid wat toeskouers voor ‘n motorwedren kry om die motors van nader te bekyk terwyl die motors gereed staan om weg te spring.
Hierdie uitdrukking is ingestuur as deel van VivA se Varsgebek-inisiatief. Stuur jou onopgetekende woord of jou sêding en dit word dalk opgeteken vir die nageslag. VivA se Varsgebek-inisiatief verseker dat ons taalskatte nie verlore raak nie!
Stuur jou boodskap aan: [email protected]
*Varsgebekkig is ʼn projek van Maroela Media, Afrikaans.com en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).