Waar kom die woord “insek” vandaan?

mierWoord:
Insek

Betekenis:
Ongewerwelde gogga met die liggaam in drie dele saamgestel

Waar kom dit vandaan?
Die antieke Romeine en Grieke het eers gesukkel om ‘n naam vir dié diertjie te kry. Aristoteles se voorstel het die manne aangegryp, naamlik insek. Dit het hy bedink toe hy mooi gekyk het na die drie dele waarin die ding verdeel is, asof daar insnydings tussen die kop, bors en agterlyf gemaak is (wat ‘n mens later ook van ‘n dame met ‘n bikini kon sê).

Latyn insectum het letterlik “insny” beteken.

Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.