Woord:
advokaat
Betekenis:
Gekwalifiseerde regsgeleerde wat tot die balie toegelaat word en daarna in die hoërhof as pleitbesorger vir ‘n party wat ‘n siviele geding voer, optree.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands advocaat, uit Latyn advocatus “byeengeroepene”, uit ad “na” en vocare “roep”.
In die Romeinse tyd was dit die benaming van iemand wie se hulp deur ‘n gedaagde ingeroep is om laasgenoemde voor die gereg van raad te bedien. Oorspronklik was dit vriende en verwante wat saam voor die regbank verskyn het om vanweë hulle getal, aansien of trane, invloed op die regter uit te oefen.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Die voorsittershamer (soos in die prentjie) pas glad nie by ‘n advokaat nie.