WAT Woord van die Week: April

aprilWoord:
April (selfstandige naamwoord)

Betekenis:
Vierde maand van die jaar.

Waar kom dit vandaan?
Nederlands April kom uit Latyn (mensis) Aprilis, met mensis wat “maand” beteken en Aprilis moontlik uit Grieks Aphro, ‘n verkorting van Aphrodite, die godin van die liefde en skoonheid.

‘n Ander verklaring wat reeds in die Oudheid ontstaan het, bring April in verband met Latyn aperire “om te open”, so genoem om te verwys na die natuur se ontluiking in die Europese lente.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.