Woord:
argitek
Betekenis:
1. Ontwerper van geboue en bestuurder van die uitvoering van die ontwerpe.
2. Beplanner, uitvoerder, skepper.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands architect (1553), uit Frans architecte uit Latyn architectus “boumeester, ontwerper” uit Grieks architekton “boumeester”, gevorm van archi- “vernaamste” en tekton “vakman, kunstenaar”, met laasgenoemde verwant aan techne “tegniek, kuns, kunde”.
Grieks archi uit arkhos “regeerder”, uit arkein “regeer” word –aarts in Afrikaans soos in aartsbiskop (Engels archbishop) en –arg soos in monarg, matriarg en patariarg.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.