Woord:
bakatel, bagatel
Betekenis:
bakatel: Nietigheid: Waarom al die lawaai – die hele saak is net ‘n bakatel
bagatel: Spel met balletjies op ‘n bord, waarby pennetjies as obstruksie dien teen die skiet van die balletjies in gaatjies
Waar kom dit vandaan?
In betekenis 1 uit Nederland bagatel (ongeveer 1720).
In betekenis 2 uit Engels bagatelle (1819).
Eerste optekening in Afrikaans in Patriotwoordeboek (1902) in die vorm bakketel.
Nederlands bagatel en Engels bagatelle uit Frans bagatelle “kleinigheid”, uit Italiaans bagatella “muntjie van geringe waarde”.
Duits Bagatelle (17de eeu).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.