WAT Woord van die Week: bakboord en stuurboord

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
stuurboord

Betekenis:
Regterkant van ‘n vaartuig of vliegtuig as jy vorentoe kyk.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands stuurboord, ‘n samestelling van stuur en boord “skeepsreling, skeepswand”, so genoem omdat die roer by ou skepe deur die regterkantse wand van ‘n skip gesteek is en die skepe dus van daardie kant gestuur is.

Woord:
bakboord

Betekenis:
Linkerkant van ‘n vaartuig of vliegtuig as jy vorentoe kyk.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands bakboord (1598), ‘n samestelling van Middelnederlands bac “rug” en “boord “skeepsreling, skeepswand”, waarskynlik na aanleiding daarvan dat die stuurman moontlik met sy rug na die linkerkant van die vaartuig gestaan het.

Uitdrukking:
Iemand van bakboord na stuurboord stuur

Betekenis:
Iemand doelloos rondstuur

Waar kom dit vandaan?
Letterlik dus heen en weer van die linker- na die regstersy van die skip stuur sonder dat iets daardeur vermag word.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.