WAT Woord van die Week: bollemakiesie

Argieffoto (sanjacintomusic.com)

Argieffoto (sanjacintomusic.com)

Woord:
bolmakiesie, bollemakiesie

Betekenis:
Beweging waarby iemand met sy lyf vorentoe oorslaan totdat hy weer regop is.

Waar kom dit vandaan?
Volgens Mansvelt (1884) kom die eerste lid dalk uit Nederlands bollen wat vroeër “draai, wentel” beteken het en bespiegel hy verder dat –ma– moontlik kan kom uit maar en –kiesie moontlik uit keesje “kees, bobbejaan”, sodat dit as geheel iets beteken soos “draai of wentel maar soos ‘n bobbejaan”. Volgens Boshoff – Nienaber (1967: 177 – 178) hou –kiesie dalk verband met W.Faals kûsekopp slàn “vooroor slaan”.

Eerste optekening in Afrikaans by Changuion (1844) in die vorm boldermakiesie.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rissiepit ·

Goeie dag. Een vraag. Ek het gister met Nederlandse vriende gesels…ek Afrikaans en sy Nederlands. Toe kom ek op die woord….KUIER ….uit en sy het geen idee wat dit beteken nie.

Ek het altyd gedink KUIER is ´n woord uit Nederlands…dit is nie Duits nie…en ek weet nie wat dit in Frans is nie. Van waar kom die woord KUIER? Kan julle help, asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.