WAT Woord van die Week: brekfis

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
brekfis (selfstandige naamwoord)

Betekenis:
Ontbyt

Waar kom dit vandaan?
Verafrikaanste vorm van Engels breakfast (1463). Eerste optekeninge in Afrikaans by Pannevis (1880) in die vorm brekfes.

Engels breakfast is ‘n samestelling van break “breek” en fast “vas”, so genoem omdat ontbyt die maaltyd is waarmee jy jou vas in die oggend verbreek.

Die ont- van ontbyt, beteken “om te begin”, net soos in ontbrand, ontvlam en ontwaak, en is dus naby in betekenis aan breakfast, naamlik “om te begin byt of hap”.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.