WAT Woord van die Week: darem

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
darem (bywoord)

Gebruike:
1. In weerwil van, nietemin, desondanks, tog: Hy het dit darem reggekry. Ek kan nie juis sing nie, maar ek sal darem probeer.
2. Werklik, inderdaad, ongetwyfeld: Dit is darem ver. Sy is darem mooi. Dit het darem lekker gereën. Jy is darem ‘n ou staatmaker.

Darem is ‘n verswakte vorm van die Nederlands daarom in die verouderde betekenis “tog, nieteenstaande, dat”.

Vanuit Afrikaans ook in Suid-Afrikaanse Engels in die vorm daarem (1920).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.