Woord:
doilie
Betekenis:
Ronde gehekelde lappie, gewoonlik omsoom met kraletjies as gewiggies, wat oor ‘n melkbeker of enige sodanige houer gegooi word.
Waar kom dit vandaan?
Uit Engels doily, doyly, doyley (1711) “doekie van kant, linne, ens. om meubels te versier of te beskerm”, “servetjie”. Die Afrikaanse betekenis van doilie hierbo bestaan nie in Engels nie.
Engels doily, doyly, doyley na Doily, ‘n Londense handelaar in kledingstowwe (ongeveer 1712).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.