Woord:
enorm
Betekenis:
Besonder groot, baie, geweldig.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands enorm uit Frans énorme uit Latyn enormis “onreëlmatig, buitengewoon groot”, met laasgenoemde uit ex “uit” en norma “rigsnoer, reël”, dus letterlik “buite die reëls”.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Op die foto is die mees enorme, reusagtige, kolossale, moviese, ultragroot en hiperhoë hond wat ek nog gesien het …