WAT Woord van die Week: flankeer

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
flankeer

Betekenis:
Koketterend met persone van die teenoorgestelde geslag omgaan.

Waar kom dit vandaan?
Moontlik ‘n afleiding van flank, omdat iemand wat flankeer gedurig aan die sy van ‘n ander persoon verkeer. Hoewel Nederlands flankeren reeds in 1599 voorkom, word dit hoofsaaklik in ‘n militêre betekenis gebesig, naamlik “die sykante dek“, en is die betekenis “koketteer” in Nederlands onbekend.

Flankeer in die betekenis “koketteer” moes dus in Afrikaans self ontstaan het. Dit kon oorspronklik eufemisties gebruik gewees het vir lyf aanbring (1873) soos deur Scholtz (1965: 122) aangeteken. Betekeniskontaminasie met flaneer “op jou gemak of pronkend rondslenter” kon ook ‘n rol gespeel het.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.