Woord:
foelie
Betekenis:
1. Spesery van die muskaatneut.
2. Dun uitgeslaande of uitgerolde metaal.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands foelie (1591), uit Oudfrans foeille of Latyn folium “blad” of “blaar”.
Vergelyk ook:
kanferfoelie, kamperfoelie en soms kamferfoelie
Betekenis:
Enigeen van verskeie soorte bladwisselende of bladhoudende plante, hoofsaaklik klimstruike, van die familie Caprifoliaceae, veral die talryke Lonicerasoorte, met geelwit tot ligroos, lang, buisvormige blomme: Kamperfoelie (en kanferfoelie) is … ‘n vervorming van Latyn caprifolium, wat letterlik “bokblaar” beteken (J.J. Smith).