WAT Woord van die week: glasnost

Mikhail Gorbatsjof Foto: bashapedia

Mikhail Gorbatsjof Foto: bashapedia

Woord:
glasnost

Betekenis:
Regeringsbeleid of -praktyk van groter openheid en deursigtigheid, veral wat die bekendmaking van inligting betref, soos in 1985 ingestel deur Mikhail Gorbatsjof, laaste president van die voormalige Sowjet-Unie: Glasnost het ’n platform vir gewone mense gebied om hul sosiale griewe of menings oor die Tsjernobil-kernramp en die oorlog in Afganistan deur die vryheid van spraak openbaar te maak. Hierdie toegewings het daartoe bygedra dat burgers bewus gemaak is van kommunistiese wanbestuur (Die Burger, 14 Januarie 2012, 6).

Waar kom dit vandaan?
Uit Russies glasnost “openbare inligting”)

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.