WAT Woord van die Week: grootpraat

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
grootpraat (werkwoord)

Betekenis:
Spog, bluf of vergroot

Uitdrukkings met “grootpraat”:
grootpraat en bangbroek is maters ‘n Grootprater is gewoonlik ‘n bangbroek.
grootpraatdruppels (skertsend) Sterk drank
grootprater Windmaker, windbuks, grootbek, grootmond, bekprater, bekrebel, bekvegter, blaasbalk, blaaskaak, blaffer, blaser, bluffer, charlatan (Frans)

strong>Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.