WAT Woord van die Week: hanepoot

Argieffoto (Foto: HardyS, Pixabay)

Argieffoto (Foto: HardyS, Pixabay)

Woord:
hanepoot

Betekenis:
1. Poot van ‘n hoenderhaan.
2. Wit of rooi tafeldruif met groot, stywe korrels wat vir die maak van wyn en veral rosyntjies gebruik word.
3. Soet tafel- of dessertwyn van hierdie druiwe gemaak.

Waar kom dit vandaan?
In betekenis 1 uit Nederlands hanenpoot.
In betekenis 2 en 3 eufemisties vervorm uit Nederlands hanekloot (kloot “testikel”). Die druifsoort word so genoem vanweë die groot, stywe, peervormige korrels. Sowel hanenpoot as hanekloot is in Nederlands as benaming vir verskillende plante gebruik, maar nie vir die druifsoort nie.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.