WAT Woord van die Week: harlaboerla

Argieffoto (Foto: diyhealth.com)

Argieffoto (Foto: diyhealth.com)

Woord:
harlaboerla

Betekenis:
1. (s.nw.) Verwarring, wanorde, rumoer, lawaai: Toe die polisie skielik op die toneel verskyn, het daar harlaboerla geheers.
2. (bw.) Halsoorkop, holderstebolder, in wanorde: Verskrik en verleë was almal harlaboerla met goed en al in ‘n oogwenk op die vaartuig (Ons Klyntji). Sy doen dinge harlaboerla (Rooi Rose).

Waar kom dit vandaan?
Vervorm uit Engels hurly burly (1539 as s.nw., 1596 as bw.), waarskynlik ‘n reduplikasie van hurling, afgelei van die werkwoord hurl. Deens hurl-um-burl, Frans hurluberlu.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martina ·

Wat het die kind met ISIS bedekking te doen. Swak smaak om die foto vir jou woord te gebruik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.